Boek van Poorte

Die vier rasse van die wêreld volgens die Antieke Egiptenare: die Libiërs, Nubiërs, Asiate en Egiptenare (in die grafkelder van Seti I).

Die Boek van Poorte is ’n begrafnisteks uit Antieke Egipte wat van die Nuwe Ryk af gebruik is.[1] Dit vertel die verhaal van die tog van ’n afgestorwene se siel na die hiernamaals in ooreenstemming met die reis van die son deur die Doeat (onderwêreld) in die nag. Daar word van die siel verwag om op sekere stadiums van die reis deur ’n reeks "poorte" te gaan. Elke poort word met ’n ander godin vereenselwig en van die afgestorwene word verwag om die karakter van die spesifieke godin by elke poort te erken. Die teks dui daarop dat sekere mense maklik deur die poorte sal reis, maar dat ander sal ly in die "meer van vuur".

  1. Hornung, Erik. The Ancient Egyptian Books of the Afterlife (in German). David Lorton (vert.). Cornell University Press.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search